Gebak

Ontbeende varkblad gestop met pruime

(10 porsies)
  • 3 kg ontbeende varkblad
  • sowat 4 takkies gedroogte vinkel
  • sap van 2 suurlemoene
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 300 g sagte pruime, ontpit
  • 50 ml olyfolie

Vra jou slagter om die vel van die blad deur te sny. Dit maak lekker sooltjie. Verhit oond tot 200 ºC. Kap vinkel met ‘n stamper in ‘n vysel fyn. Verwyder takkies. Vou blad oop en gooi helfte van die suurlemoensap oor. Smeer van die vinkel en knoffel oor vleisgedeelte. Geur met sout en peper. Pak pruime in die middel van vleis. Vou toe en bind vas met tou. Gooi olyfolie in oondroosterpan. Plaas vleis met gesnyde kant na onder in pan. Gooi res van suurlemoensap oor en geur met nog sout en peper. Smeer res van vinkel oor en plaas in warm oond. Oondrooster vir sowat 2 uur tot die vel bros begin raak. Verlaag die temperatuur van oond na 170 ºC. Rooster verder vir nog sowat 2 uur tot vleis heerlik sag is.