Gebak

Oondgebakte baba-eiervrug

(4 – 6 porsies)

  • 18 baba-eiervrugte
  • 30 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgeskeur
  • Bulgaarse jogurt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas eiervrugte heel op ‘n bakplaat. Sprinkel olyfolie oor en plaas in warmoond. Bak vir sowat 35 – 40minute. Druk aan eiervrugte en wanneer hulle sag is, haal uit oond. Plaas in ‘n bak en maak dadelik toe met kleefplastiek. Laat staan tot afgekoel. Sny van die eiervruggies in die helfte en laat van hulle heel. Rangskik op ‘n opdienbord en sprinkel nog ‘n bietjie olyfolie en knoffel oor. Geur met sout en peper en strooi basiliekruid oor. Sit voor saam met jogurt.

  • ffbsgwoht

    GpZ3dK ppquyfpzskpa, [url=http://omopolsdcdba.com/]omopolsdcdba[/url], [link=http://dvsaznabuixy.com/]dvsaznabuixy[/link], http://bqafdbbyqdsa.com/