Oondgebakte kaas

FOTO Michael Le Grange

Bykos

Oondgebakte kaas

’n Heerlike dag verdien om in styl afgesluit te word, soos met dié oondgebakte kaas terwyl die son sak (of opkom!) saam met goeie brandewyn.

genoeg vir 10

• 2 groot briekase in bamboesboksies
• 10 – 12 vars vye
• 100 g granaatpitte
• 10 takkies sagte kruie soos basiliekruid en dille
• 100 ml heuning
• brood vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Plaas kaas in sy bamboesboksie op bakplaat (verwyder alle ander verpakking). Bak vir 10 – 15 minute of tot kaas gesmelt is. Sit op opdienbord en pak vye rondom. Sprinkel granaatpitte en kruie oor. Bedruip met heuning en sit voor met brood.

Kyk HIER na die res van ons Kersfees-spyskaart