Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Oondgebakte patats

Sit vir afwisseling oondpatats voor eerder as aartappels.

• 6 – 8 mediumgroot patats
• botter
• vars lourierblare

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie. Sny ’n kruisie net-net deur die skil bo-op elke patat. Plaas op bakplaat en sit in warm oond. Bak sowat 11⁄2 uur tot skil lekker bros is en patats sag is. Druk elke patat oop en sit ’n klein bietjie botter in. Druk ’n vars lourierblaar in elke patat om dit mooi te laat lyk. Dis mos Kersfees!