Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Oondgebakte risotto met varkvleis en spinasie

Die meester werk aan hierdie resep is om die varkvleis te braai.
(Genoeg vir 4 – 6)

  • 30 ml olyfolie
  • 450 g gerookte varkrepe, in blokkies van sowat 2 cm gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml arborio-rys
  • 750 ml warm hoenderaftreksel
  • 1 x 400 g-blik rooibone, gedreineer en afgespoel
  • 100 g ontpitte groen olywe, gedreineer
  • 160 g parmesaankaas, fyngerasper
  • 150 g baba-spinasieblare, gewas
  • 15 g (15 ml) botter

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in pan en voeg vleis en knoffel by. Braai bros en geur. Sit rys in mengbak en voeg aftreksel, bone, olywe en vleis by. Geur met sout en peper. Skep in oondbraaibak van so 6 cm diep. Bedek met tinfoelie en sit in oond vir 40 minute. Haal uit en maak seker die rys is sag. Voeg kaas, spinasie en botter by. Meng goed deur en sit voor.