Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Oondgebakte steaks met sampioene en soetrissie

(4 porsies)

  1. sowat 60 ml olyfolie
  2. 8 minute-steaks (sien bl. 98)
  3. 250 g wit sampioene, in skywe gesny
  4. 1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny
  5. 1 suurlemoen asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Verhit helfte van olyfolie in pan en braai steaks weerskante tot net bruin. Sit in oondbak. Rangskik sampioene en soetrissie boop. Druk helfte van suurlemoen se sap oor en geur met sout en peper. Gooi res van olyfolie oor en plaas in oond. Bak vir 30 – 35 minute tot vleis lekker sag is. Sit voor met res van suurlemoen.

Ekstra: Voeg 250 g repiespek (streaky), in blokkies gesny, by vir lekker ekstra geur.

  • elmarie

    Nog ‘n maklike resep en vrek lekker en vrek maklik.