Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Oondgebraaide baba-aartappels met mosterd

Baie lekker by steak. Jy kan natuurlik ook van die oondgebraaide knoffel op jou aartappels uitdruk.

• 1,4 kg baba-aartappels
• 250 ml olyfolie
• 45 ml korrelmosterd
• sowat 6 takkies vars roosmaryn
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Sny sowat 7 kepies in elke aartappel en plaas in oondbraaibak. Meng olyfolie en mosterd en gooi oor aartappels. Plaas roosmaryn-takkies in bak en geur aartappels met sout en peper. Oondbraai sowat 1 uur 20 minute in warm oond tot sag en bros.