sk1010tamatie6
Gebak

Oondgedroogde tamaties

  • groot rosa-tamaties, gehalveer
  • 400 g klein rosa-tamaties (hou heel)

Verhit oond tot 120 °C. Pak tamaties langs mekaar gesnyde kant na bo op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sit oornag in warm oond. Druk dan die sap van die groot tamaties effens uit. Verhit roosterelement tot ‘n lae temperatuur. Plaas die tamaties onder die element vir sowat 1½ uur. As jy die klein tamaties wil uitdroog, laat dit oornag in die warm oond. Moenie onder roosterelement uitdroog nie.