Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Oop kaas-en-uie-brood

’n Lekker kaserige brood. Maak seker die botter is baie sag.

• 500 g cheddarkaas, gerasper
• 80 g sprietuie, fyngekap
• 200 g (220 ml) baie sagte botter
• 1 groot witbrood

Verhit oond tot 180 °C. Meng kaas, uie en botter in ’n mengbak. Sny die witbrood in die lengte in drie, maar nie dwarsdeur nie. Sny nou so vyf keer in die breedte om blokke te vorm. Skep van die kaasvulsel tussen die blokke. Plaas brood op ’n groot stuk tinfoelie. Vou die tinfoelie op om die kante van die brood te bedek – bo-op moet dit oop wees. Plaas op ’n bakplaat in oond vir sowat 15 – 20 minute tot kaas gesmelt het. Sit warm voor.