Gebak

Oorgroot klapper-en-vla-koekies

(genoeg vir 6)

  • 250 g (270 ml) sagte botter
  • 200 g (240 ml) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 80 g (250 ml) klapper, gerooster in warm pan
  • 480 g (850 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml sout

Vulsel

  • 250 g (270 ml) botter
  • 500 g (960 ml) versiersuiker
  • 1 eiergeel
  • 1 ml sout
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 80 g (250 ml) klapper, gerooster in warm pan

Verhit oond tot 180 °C. Room die

botter en suiker met ’n elektriese

menger tot lig en romerig in ’n

middelslag-mengbak. Voeg die eiers

by en meng goed. Voeg klapper,meel,

bakpoeier en sout by.Meng tot ’n

sagte deeg.Draai in kleefplastiek toe

en laat rus in yskas vir 25 minute.

Strooi ’n dun lagie meel op jou

werkvlak. Rol die koue deeg met ’n

koekroller uit tot sowat 5 mm dik.

Gebruik ’n ronde 15 cm-koekiedrukker

(of kleiner, as jy wil) en druk sirkels uit.

Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en

spuit goed met kleefwerende kossproei.

Plaas die koekies op bakplaat en bak vir

10 – 12 minute of tot gaar. Laat afkoel.

Vulsel Klits die botter met ’n

elektriese klitser tot lig en romerig.

Voeg versiersuiker by en meng goed.

Voeg eiergeel, sout en vanielje by

en meng goed. Skep lepels vol vulsel

op een helfte van die koekies. Plak dit

toe met die ander helfte van koekies

en druk stewig vas. Rol die kant van

die koekie, waar die vulsel uitkom, in

geroosterde klapper.