Oornagbrood

FOTO Donna Lewis

Gebak

Oornagbrood

Laat rys die brood oornag om al die lekker soet geure van die gis te kry.

genoeg vir 1 brood

• 600 ml water
• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 1 kg koekmeel
• + 10 g sout

Plaas water, sout en gis in ’n mengbak en meng goed. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met ’n houtlepel roer totdat ’n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as deeg te nat is. Knie sowat 10 minute op ’n meelbestrooide werkvlak tot ’n gladde, elastiese deeg. Verdeel deeg in twee en rol in stywe deegballe.

Smeer twee ronde yskasbestande bakke van sowat 25 cm in deursnee met olyfolie. Plaas deegballe in bakke en laat rys oornag in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Haal deeg uit yskas en laat staan in bakke vir 15 minute. Spuit twee bakplate goed met kleefwerende kossproei en keer deeg op plate uit. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros. Sit louwarm voor.