Gebak

Oosterse kebabs

(6 kebabs)

Marinade

  • 2 ster-anys-peule
  • 200 ml sojasous
  • 125 ml heuning
  • 10 ml fyn gemmer
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 12 sprietuie, grofgekap

Meng al die bestanddele in ‘n bak.

  • ontbeende varklies van 1 kg, sonder vel, in 3 cm blokke gesny
  • 250 g Chinese-noedels
  • 15 ml olyfolie
  • 4 pak choi-koppe

Meng die marinade met die vleis. Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas, verkieslik oornag. Verhit oond tot 180 °C. Ryg vleis op kebabstokke. Plaas kebabs in oondroosterbak en gooi oorblywende marinade oor. Maak bak toe met tinfoelie en rooster vir 1 uur. Haal tinfoelie af. Rooster vir nog 15 – 20 minute. Kook noedels volgens aanwysings op pak. Verhit olyfolie en braai pak choi tot net sag. Sit kebabs voor saam met pak choi en noedels.

  • Fritz van Niekerk

    waar isb die (pinda) grondboontjie sous dan