Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS FEB/MRT 2014

Gebak

Outydse soetkoekies

Hierdie koekies met al die speserye is een van ons lekkerste resepte.
Sowat 26 koekies

• 250 g (445 ml) koekmeel
• 1 ml sout
• 1 ml fyn naeltjies
• 5 ml fyn kaneel
• 2 ml fyn gemmer
• 2 ml koeksoda
• 100 g (110 ml) botter
• 100 ml gemaalde amandels
• 150 g (190 ml) suiker
• 1 klein eier
• 25 ml witwyn
• heel amandels

Verhit oond tot 200 °C. Sif meel, sout, naeltjies, kaneel, gemmer en koeksoda saam. Vryf botter in en voeg amandels en suiker by. Klits eier en wyn saam en voeg by meelmengsel. Maak aan tot ’n stywe deeg. Bedek met kleefplastiek en laat oornag of ’n paar uur in die yskas staan. Rol deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk sirkels van sowat 7 cm in deursnee uit. Plaas koekies op uitgevoerde bakplate. Druk ’n heel amandel bo-op elke koekie en plaas in oond. Bak 8 – 10 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor met ingelegde groenvye, druiwe en muskadel.