sk1007kwepers01_12_
Gebak

Padstal-poeding

(6 – 8 porsies)

  • 4 bottels (375 g elk) ingemaakte kwepers
  • 180 g (320 ml) koekmeel
  • 3 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 30 ml suiker
  • 120 g (130 ml) botter, in blokkies gesny

Verhit oond tot 180 °C. Pak kwepers in ‘n bak van sowat 20 cm. Meng meel, bakpoeier, sout en helfte van die suiker in ‘n mengbak. Vryf botter in droë bestanddele in tot dit soos broodkrummels lyk. Gooi mengsel bo-op kwepers en druk effens plat. Strooi res van suiker bo-oor en plaas in warm oond. Bak vir sowat 45 – 55 minute tot mooi bruin en bros bo-op. Sit warm voor saam met room.

  • Mabre

    Is nou besig om die malva poeding resept te probeer ma dis al in di oond ruik lieflik kani wag om te eet nie en weer n kommentaar te los maar wil graag weet room of custard met dit?