Micky Hoyle

Gebak

Pampoen-en-fetakaastertjies

‘n Ware wenkombinasie. Wees net versigtig wanneer jy die sout byvoeg, want fetakaas is souterig.
18 tertjies

  • 350 g klaar opgesnyde pampoenblokke
  • 30 ml olyfolie
  • 3 velle blaardeeg
  • 370 g fetakaas, gekrummel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 eiers
  • 200 ml room

Stap 1. Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Sny diepampoenblokke in klein blokkies van sowat 1 cm. Plaas blokkies op bakplaat en sprei uit. Gooi olyfolie oor en plaas in oond. Oondbraai sowat 30 minute tot sag. Haal uit en hou eenkant.

Stap 2. Voer 3 vlak muffinpannetjies uit met blaardeeg.

Stap 3. Skep fetakaas in 18 uitgevoerde holtes. Skep gaar pampoen bo-op en geur goed.

Stap 4. Klits eiers en room saam. Skep eiermengsel op vulsel en bak sowat 35 – 40 minute in warm oond. Haal uit en sit warm voor.