sk0904pampoen01
Gebak

Pampoenbrood

(1 brood van sowat 36 x 13 cm)

  • 225 g (375 ml) volkoringmeel
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 10 ml heuning
  • 10 ml bruinsuiker
  • 5 ml koeksoda
  • 3 ml sout
  • 250 ml karringmelk
  • 250 ml pampoen-puree (sien onder)

Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas die meel, heuning, suiker, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die karringmelk en pampoen-puree saam. Voeg dit by die meelmengsel. Skep die mengsel in ’n gesmeerde broodpan. Bak vir so 1½ – 2 uur of tot die brood gaar is. Die brood bak taamlik lank, want dis ’n klammerige mengsel. Haal uit en keer uit.

Pampoen-puree
Ek koop sommer gesnyde pampoen by die supermark hiervoor. Pampoen-puree moet lyk soos baie gladde babakos. (sowat 500 ml pampoen-puree)

  • 500 g gesnyde pampoen
  • ekstra water indien nodig

Stoom of kook die pampoenstukke tot gaar. Laat die pampoen effens afkoel en verpulp dit in jou versapper of voedsel-verwerker. Ek vind dat ’n versapper ’n baie gladder puree gee. Voeg ’n klein bietjie water by indien nodig.