Gebak

Pampoenkoek

(1 ringpan van sowat 20 cm)

  • 400 g (500 ml) suiker
  • 300 ml sonneblomolie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 500 ml pampoen-puree (sien onder)
  • 4 eiers
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 10 ml fyn kaneel
  • 100 g okkerneute, fyngekap

Verhit jou oond tot 175 °C. Plaas die suiker, olie, vanieljegeursel en pampoen-puree saam in jou elektriese menger. Klits vir sowat 5 minute. Klits die eiers een vir een by. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel saam. Vou dié mengsel saam met die gekapte neute by die eiermengsel in. Gooi uit in ’n gesmeerde koekpan en bak vir sowat
1 uur. Toets met ’n dun pennetjie of die koek gaar is. Keer uit.

Pampoen-puree
Ek koop sommer gesnyde pampoen by die supermark hiervoor. Pampoen-puree moet lyk soos baie gladde babakos. (sowat 500 ml pampoen-puree)

  • 500 g gesnyde pampoen
  • ekstra water indien nodig

Stoom of kook die pampoenstukke tot gaar. Laat die pampoen effens afkoel en verpulp dit in jou versapper of voedsel-verwerker. Ek vind dat ’n versapper ’n baie gladder puree gee. Voeg ’n klein bietjie water by indien nodig.