Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Gebak

Pancetta-en-olyfbrood

Pancetta is gepekelde Italiaanse varkliesspek met peperkorrels.
(genoeg vir 1 groot brood)
baktyd: 25 – 30 minute

  • 1 x basiese brooddeeg (sien web vir resep)
  • 100 g pancetta-blokkies
  • 400 g olywe, ontpit
  • hand vol basiliekruid
  • 4 wiele feta

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel dun lagie sorghummeel op werkoppervlak en keer uitgerysde brooddeeg daarop uit. Druk deeg plat met handpalms tot sowat 2 cm dik. Sprinkel pancetta, olywe en basiliekruid oor deeg. Krummel feta oor. Rol deeg op in stywe wors. Spuit ’n broodpan van 20 x 10 cm goed met kleefwerende kossproei. Plaas deegwors in pan en laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 25 – 30 minute. Bak 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros. Laat effens afkoel en keer uit pan. Laat verder afkoel en sit voor.

Wenk
As jy nie pancetta kan kry nie, kan jy dit vervang met spek wat grofgesny is.