Foto deur Micky Hoyle & Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Bykos

Paprika-aartappelwiggies

Maak gewone aartappel-wiggies interessant met gerookte paprika.

  • 8 aartappels, in kwarte gesny
  • 60 ml olyfolie
  • 30 ml gerookte paprika
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 takkies vars tiemie, fyngekap

Verhit oond tot 220 °C. Sit aartappels, olyfolie, paprika, sap en skil van suurlemoen in groot mengbak. Skud bak sodat aartappels heeltemal bedek is met paprika-mengsel. Keer uit op oondroosterpan en geur goed met sout en peper. Sprinkel knoffel en tiemie oor. Plaas in oond en bak vir 25 – 30 minute of tot aartappels sag is met ’n bros kors. Sit voor.