SARIE KOS FEB/MRT 2014

FOTO Mickey Hoyle

Gebak

Parmaham en vars vye pizza

genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis
• 125 g gerasperde mozzarella-kaas
• 125 g brie-kaas, in skywe gesny
• olyfolie om oor te sprinkel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 70 g parmaham
• 3 vars vye, gehalveer
• vars roketblare

Verhit oond tot 230 °C.

Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella-kaas bo-op. Rangskik brie-kaas bo-op en sprinkel bietjie olyfolie oor. Geur met sout en peper. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit en rangskik ham en vye bo-op.

Sit voor met vars roket.