Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Parmesaan-en-spinasie-soufflé

4 – 6 porsies

  • 200 g baba-spinasie
  • 100 g (110 ml) botter
  • 100 g (180 ml) koekmeel
  • 500 ml laevetmelk
  • 200 g parmesaankaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 eiers, geskei

Verhit oond tot 180 ºC. Bring ’n pot met water tot kookpunt. Gooi spinasie alles op een slag in. Los vir ’n minuut. Dreineer. Plaas sagte spinasie in voedselverwerker en kap fyn. Smelt botter oor matige hitte in groot pot. Roer meel by. Voeg melk op een slag by en klits goed tot alles gemeng is en die klonte opgelos is. Hou oor lae hitte en klits stadig terwyl sous verdik. Hou aan roer tot gaar, sowat 3 – 5 minute. Verwyder van hitte en roer kaas by tot gesmelt. Voeg spinasie by en meng goed. Geur goed met sout en peper. Laat koel af tot kamertemperatuur. Voeg eiergele by en roer tot gladde mengsel. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou versigtig by kaasmengsel in. Gooi hele mengsel in ’n oondvaste bak met ’n volume van 1 000 ml. Bak vir sowat 70 minute of tot goudbruin en gestol. Sit warm voor met slaai van jou keuse.