Gebak

Parmesaan-papierbrood

(genoeg vir 8)

  • 125 ml water
  • 45 ml olyfolie
  • 5 ml sout
  • 280 g (500 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper

Verhit oond tot 220 °C. Plaas water, olie en sout in middelslag-mengbak. Roer met houtlepel ter wyl jy meel geleidelik byvoeg tot deeg ’n stywe, kniebare vorm het. Knie op meelbestrooide opper vlak vir 5 – 8 minute of tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat rus op warm plek vir 30 minute.

Verdeel deeg in 8 ewe groot porsies. Rol met koek- roller op meelbestrooide opper vlak tot papierdun. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas deeg op bakplaat en sprinkel kaas oor. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros. Haal uit oond en laat afkoel.

Draai bakpapier om elke brood en bind vas met mooi kombuistou. Sit voor met sampioen-patee.