Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Gebak

Pastei met ham, preie, sampioene en kaas

(genoeg vir 4)

  • 20 ml olyfolie
  • 5 preie, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml botter
  • 250 g wit sampioene, in skywe gesny
  • 200 g sterk cheddarkaas, gerasper
  • 2 velle (400 g) blaardeeg
  • 1 eier, geklits
  • 125 g ham
  • 60 ml Dijon-mosterd

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in pan. Braai preie vir sowat 2 minute, sit deksel op en laat braai tot sag. Roer preie so af en toe en geur. Smelt botter in pan en braai sampioene tot sag. Laat preie en sampioene afkoel en meng met kaas in ’n bak. Plaas elke vel deeg op ’n bakplaat. Smeer rand van die deeg met eier. Verdeel ham tussen twee velle deeg. Plaas bo-op deeg, maar hou weerskante ’n 2 cm-rand oop. Smeer mosterd bo-op ham. Verdeel vulsel en skep op een helfte van elke stuk deeg. Vou deeg toe en seël rande goed. Smeer nog eier oor en druk klein gaatjies in deeg. Bak in warm oond vir 30 – 40 minute.