Foto deur  Micky HOYLE

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Micky HOYLE SARIE KOS AUG/SEP 2012

Gebak

Patat-tarte tatin

Die klassieke weergawe word met appels gemaak, maar ek wou dit ʼn lekker Suid-Afrikaanse gevoel gee deur patats te gebruik. Die patats word soos soetpatats gemaak en dan in ʼn tarte tatin omskep. Jy kan self besluit of jy dit as nagereg of as bygereg wil voorsit. Vir nagereg stel ek voor dat jy dit saam met geklopte room voorsit

Genoeg vir 4

Baktyd: 35 – 40 mInute

  • 200 g (220 ml) botter
  • 160 g (200 ml) witsuiker
  • 4 middelslag-patats, geskil en in skywe gesny
  • sowat 1 ml fyn kaneel
  • sout na smaak
  • 1 x 400 g-vel winkel-blaardeeg, ontdooi

Plaas oondrak in middel van oond en verhit tot 200 °C. Plaas botter en suiker in pan, verhit en roer tot botter en suiker gesmelt is. Laat prut tot gekaramelliseerd. Voeg patatskywe by en meng versigtig deur. Geur met sout en kaneel. Dit gaan nou lyk of die botter-ensuikermengsel hard word, maar moenie bekommerd raak nie – die vog van die patat laat dit weer ’n sous vorm. Laat kook tot patats net sag is. Pak mooi lagies van die patats in klein 10 cmtertpannetjies. Jy kan ’n paar lae pak, want met die omkeerslag kan van die patats vassit. Gooi van orige stroop in die pan oor die patats. Sny vier deeg-sirkels die grootte van die pannetjies. Plaas boop patats. Sit pannetjies op bakplaat en plaas in oond. Bak 35 – 40 minute tot deeg gaar en bros is. Maak rande versigtig los met ’n skerp messie. Plaas opdienbordjie bo-op pannetjie, hou pannetjie en bord met ’n kombuisdoek vas en draai versigtig om. As van die patats vassit, kan jy dit versigtig afhaal en weer bo-op plaas. Sit warm voor.