Gebak

Pavlova met nektariens gestoof in rooibostee

  • 4 eierwitte
  • knippie sout
  • 225 g (270 ml) strooisuiker
  • 5 ml mielieblom
  • 5 ml witwynasyn

Verhit oond tot 140 °C. Klop eierwitte en sout tot stywe punte vorm. Voeg strooisuiker lepel vir lepel by en hou aan klop. Voeg mielieblom en asyn by en klop goed. Voer ‘n bakplaat of twee
met bakpapier uit. Vorm vier meringue-sirkels en bak vir 40 – 60 minute.

  • 8 nektariens
  • 1 liter rooibostee
  • 750 ml suiker
  • 1 vanieljepeul, oopgesny
  • 30 ml mielieblom

Sny ‘n kruisie onderin elke nektarien. Gooi rooibostee, suiker en oopgesnyde vanieljepeul in ‘n kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer. Laat stroop vir 15 minute prut. Voeg nektariens by en plaas ‘n stuk bakpapier bo-op sodat vrugte heeltemal onder stroop bly. Laat prut vir 10 – 15 minute tot sag. Verwyder van hitte en laat staan vir sowat 10 minute. Haal nektariens uit stroop. Hou stroop eenkant. Trek nektarienvelle af. Meng mielieblom met ‘n bietjie van die stroop en gooi mengsel terug in kastrol. Laat stroop oop kook tot effens verdik. Laat afkoel.

  • 250 ml room

Klop room styf en skep daarvan op elke pavlova. Skep vrugte bo-op en gooi van die stroop oor.