sk1011kooksaam (8)
Gebak

Pavlova

Kom geniet saam met my . . .PAVLOVA

Mooi genoeg om te eet, dis die eksotiese pavlova. Maklik om te maak ook. Dit begin alles by die veelsydige meringue – die basis van baie onthou-nageregte

Jy het nodig

• 8 eierwitte
• 630 g (750 ml) strooisuiker
• 20 ml witasyn
• 30 ml mielieblom
• 250 ml room
• 200 g bessies van jou keuse
• 8 vars grenadellas
• versiersuiker om oor te sif

1. Verhit oond tot 140 ˚C. Gooi eierwitte in ‘n elektriese menger of mengbak. Gebruik verkieslik ‘n glas- of vlekvryestaal-bak. Klits op hoë spoed tot sagte punte vorm wanneer klitser uitgelig word. Voeg suiker stadig by terwyl jy klits.

Stap 1

Stap 1

2. Hou aan klits totdat die mengsel ‘n blink voorkoms het en stywe punte vorm wanneer klitser opgelig word. Vou asyn en mielieblom in.

Stap 2

Stap 2

3. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Skep meringue op papier in ‘n groot sirkel van 30 cm. Gebruik agterkant van ‘n lepel om punte te vorm deur dit op meringue te druk en op te lig. Bak vir 45 – 60 minute of tot buitekant droog is, maar nog sag in die middel. Laat koel af.

Stap 3

Stap 3

4. Klits room met ‘n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Plaas pavlova op ‘n opdienbord en skep room op. Gooi vars bessies van jou keuse bo-op en skep die pulp van grenadellas ook bo-op. Sif versiersuiker oor.

Stap 4

Stap 4

 

Maak só met meringue

• Voer kolwyntjie-panne uit met kolwyntjie-papierhouers en spuit met kleefwerende sproei. Verdeel meringue tussen holtes en bak soos gewoon.

• Skep meringue op klaargebakte koek as versiering. Pleks van bak, kan jy dit met ‘n blaasvlam bruin brand.

• Skep balle roomys op gekoopte sponskoek. Smeer toe met meringue en brand bruin met ‘n blaasvlam. Sit voor as nagereg met vars vrugte.

Wenk: Smeer altyd ‘n klein bietjie meringue op die bakplaat se hoeke voor jy die bakpapier op sit. Dit help dat die papier nie rondgly terwyl jy die meringue smeer nie.

Het jy geweet?

‘n Pavlova is blykbaar genoem na die Russiese ballerina Anna Pavlova. Dis die eerste keer in 1926 spesiaal vir haar gemaak tydens haar besoek aan Nieu-Seeland. Die sjef Herbert Saches is glo geïnspireer deur haar tutu, wat bedek was met groen blomme.

  • http://swhwiupwgxyk.com/ zezjpsf

    R37Mds ehsutqstgpcl, [url=http://xxuylzwesyza.com/]xxuylzwesyza[/url], [link=http://iwdtfucybnbe.com/]iwdtfucybnbe[/link], http://rbcwrxtpvisv.com/

  • http://btxejdjjkodp.com/ dxyiavi

    tLEQLY hwwgqnxiilbd, [url=http://leaofiqgguxd.com/]leaofiqgguxd[/url], [link=http://znvfuktxxxaw.com/]znvfuktxxxaw[/link], http://nxlfupegskmr.com/

  • kxbopd

    4kO2LM pypjinnsvsll, [url=http://yohxyzuovboz.com/]yohxyzuovboz[/url], [link=http://lefztmucztgc.com/]lefztmucztgc[/link], http://czrlynzztnoc.com/