sk08_3broodjies02
Bykos

Pecorino-kaas op Franse braaibrood

(2 porsies)

  • 250 g rugspek (back bacon)
  • 2 eiers
  • 150 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 g pecorino-kaas, gerasper
  • sowat 6 grasuie (chives), fyngekap
  • 6 dikkerige snye Franse brood (baguette)
  • botter om in te braai
  • tamatie-rissiekonfyt om saam voor te sit

Skakel die rooster-element van jou oond aan. Ek vind dis beter om spek onder die oond se rooster-element tot bros te rooster, eerder as in ’n pan te braai. Klits intussen die eiers en room saam. Geur met sout en swartpeper. Meng die pecorino-kaas en grasuie. Doop die snye Franse brood in die eiermengsel en rol dan in die kaasmengsel. Druk die kaas stewig vas op die brood. Smelt 2 – 3 eetlepels botter in ’n pan en braai die brood weerskante tot mooi bruin. Sit voor saam met die geroosterde spek en tamatie-rissiekonfyt.