Gebak

Peer-en-sjokolade-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

  • 50 g (125 ml) kakao
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 5 ml koeksoda
  • 2,5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 1 eier
  • 125 ml warmwater
  • 125 ml karringmelk
  • 60 ml sonneblomolie
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 2 pere, geskil en in blokkies gesny

versiersel

  • 1 x basiese vanieljeversiersel
  • 80 ml kakaopoeier, gesif
  • 1 x peersjokolade

Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies met papierbakkies uit en spuit goed met kleefwerende sproei. Sif kakao, meel, suiker, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Voeg eier, water, karringmelk, olie en vanieljegeursel by. Klits sowat 3 minute met ‘n elektriese menger. Vou pere in en skep in papierbakkies. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute
of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy dit versier. Meng versiersel en kakaopoeier saam. Skep lepels vol op kolwyntjies. Sny sjokoladeblokkies in helfte en druk in versiersel in.