sr0911lekkergoed09
Gebak

Pienk meringues

Sowat 24 groot meringues

  • 4 eierwitte
  • 125 g (150 ml) strooisuiker
  • 100 g (200 ml) versiersuiker, gesif
  • 15 g (30 ml) mielieblom, gesif
  • pienk voedselkleursel

Verhit oond tot 120 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Klits eierwitte tot sagtepunt-stadium en klits strooisuiker bietjie vir bietjie by totdat mengsel styf is. Vou versiersuiker en mielieblom versigtig in. Kleur meringue liggies. Skep groot lepels vol op uitgevoerde bakplaat en bak vir sowat 1 – 1½ uur tot uitgedroog.