Gebak

Piesangmuffins vir kleinding om te bak

Omtrent 24 muffins

  • 240 g (430 ml) meel
  • 15 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 25 ml suiker
  • 1 eier, geklits
  • 225 ml melk
  • 50 ml kookolie
  • 2 ryp piesangs, fyngedruk met ’n vurk
  • papierbakkies, om die muffins in te bak
  • versiersuiker, om oor te sif
  1. Laat Mamma of Pappa die oond tot 220 °C verhit.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
  3. Gooi die suiker by.
  4. Klits die eier, melk en olie saam in ’n ander bak.
  5. Gooi die geklitste eiermengsel en fyngedrukte piesangs by die droë bestanddele en meng goed met ’n houtlepel.
  6. Sit die papierbakkies in jou muffinpannetjie en smeer of spuit hulle.
  7. Skep die mengsel in die bakkies en bak vir 15 – 20 minute teen 220 °C.
  8. Haal baie versigtig uit en laat afkoel op ’n afkoelrak. (Onthou altyd: as jy iets uit die oond moet haal, vra liewer vir Mamma of Pappa om te help.)
  9. Sif ’n klein bietjie versiersuiker oor vir die mooi.