Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Gebak

Pistasie-en-witsjokolade-koekies

Neute pas perfek by sjokolade.
(sowat 14 – 16 koekies)
Baktyd: 12 – 15 minute

  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 165 g (180 ml) botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 280 g (500 ml) glutenvrye meel plus ekstra vir uitrol
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 1 x 100 g-pakkie pistasieneute, fyngemaal
  • 100 g witsjokolade-splinters
  • 90 ml melk

Plaas al die bestanddele behalwe die melk in ’n voedselverwerker. Verwerk by hoë spoed tot goed gemeng. Gooi melk geleidelik by terwyl die menger loop tot alles in een bal saamkom. Draai deeg toe in kleefplastiek en laat rus 20 minute in yskas. Rol op meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 3 mm dik. Gebruik 10 cmdrukker en sny sirkels uit. Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en gespuit is met kleefwerende kossproei. Bak 12 –15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel tot bros.