Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Pitabrode met roomkaas en uie

Veral lekker as jy dit warm voorsit.

• sowat 40 ml olyfolie
• 4 uie, geskil, gehalveer en in skywe gesny
• 6 pitabrode
• 250 g roomkaas
• sout en varsgemaalde swartpeper
• baba-slaaiblare

Verhit olyfolie in ’n pan. Plaas uie in pan en verlaag hitte van stoofplaat. Maak pan toe met deksel. Braai uie tot sag en deurskynend. Roer nou en dan. Haal van hitte en laat effens afkoel. Verhit oond tot 180 °C. Plaas pitabrode op ’n bakplaat en smeer ’n dik laag roomkaas bo-op. Skep uie bo-op en geur met sout en swartpeper. Bak 20 minute in warm oond. Haal uit, sprinkel baba-slaaiblare bo-op en sit warm voor.