Gebak

Pitaburgers

(25 minute – 4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 snye witbrood, met korsies afgesny
  • 600 g varkworsies
  • 15 ml pietersielie, fyngekap
  • 1 eier, geklits
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die helfte van die olyfolie in ’n pan. Braai die gekapte ui tot sag en deurskynend – 2 tot 3 minute. Kap die witbrood in ’n voedselverwerker fyn. Verwyder die vleis uit die worsies en gooi die velletjies weg. Meng al die bestanddele (behalwe die oorblywende olie) goed saam en geur met sout en swartpeper. Maak jou hande ’n bietjie nat en vorm 4 groot burgers van die vleismengsel. Verhit die res van die olyfolie in ’n pan en braai die burgers aan weerskante tot gaar – dit sal sowat 15 minute neem. Sit voor saam met pitabrode, tzatziki en hoemoes (hummus). (Jy kan al drie by supermarkte koop.)