Foto deur Lee Malan

Foto deur Lee Malan

Gebak

Pizza met botterskorsie, beet en feta

(2 groot pizzas)

  • 4 bete, geskil en in kwarte gesny
  • 30 ml heuning
  • 2 takkies tiemie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ½ botterskorsie, in kwarte gesny
  • 15 ml fyn kaneel
  • 1 x rogrolletjie-deeg (of klaar winkelbasis)
  • 1 x tamatie-basissous
  • 4 wiele feta

Verhit oond tot 200 ºC. Plaas beet in oondbraai-pan. Sprinkel heuning, tiemie en knoffel oor. Geur goed met sout en peper. Oondbraai vir 15 minute. Verwyder pan uit oond en voeg botterskorsiekwarte by. Sprinkel kaneel oor botterskorsie. Plaas terug in oond en oondbraai verder vir 20 minute of tot groente sag is. Verdeel deeg in twee porsies en rol op meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik. Plaas op bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei. Verdeel tamatiesous tussen basisse. Verdeel beet en botterskorsie tussen basisse. Sny feta in blokkies en strooi oor. Bak vir 20 – 25 minute in warm oond of tot goudbruin en gaar.

Wenk
Plaas die beet op een deel van die bakplaat en die botterskorsie op ’n ander deel. Dit voorkom dat die botterskorsie met rooi beetsap gevlek word.