Plaatkoekies met spek en heuning
Gebak

Plaatkoekies met spek en heuning

(sowat 15 plaatkoekies)

  • 115 g (200 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 3 groot eiers, geskei
  • 140 ml melk
  • botter om in te braai
  • 250 g Enterprise Streaky Bacon
  • heuning om te bedien

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiergele en melk saam en voeg die meelmengsel daarby. Klits goed tot glad. Klop die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Smelt ’n klein bietjie botter in ’n pan en skep lepelsvol van die mengsel daarin. Braai aan weerskante bruin. Hou die plaatkoekies warm. Verhit die rooster-element van jou oond. Plaas die spek op ’n bakplaat en rooster tot bros onder die rooster-element. Stapel vier plaatkoekies op elke bord en rangskik sowat drie repe spek bo-op. Sit voor  met heuning.