Bykos

Plat Turkse brode

(4 ovaalvormige Brode van sowat 18 cm lank)

  • 2 pakkies (10 g elk) kitssuurdeeg
  • 10 ml suiker
  • 600gwitbroodmeel
  • 5ml sout
  • sowat 300 ml louwarmwater

Meng suurdeeg, suiker, meel en sout in ‘n groot mengbak. Maak holte in middel van deeg en voeg water by. Meng goed en keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak. Baie belangrik: Knie
deeg vir minstens 15 minute tot lekker elasties. Smeer ‘n bak liggies met ‘n bietjie olyfolie en plaas deeg in bak. Smeer nog ‘n bietjie olyfolie oor deeg. Maak bak toe met kleefplastiek en
plaas op warmplek. Laat deeg rys tot dubbel die hoeveelheid. Dit kan van 1½ tot 2 uur duur. Knie deeg af en vorm in 2 lang ovaalvormige brode. Sprinkel meel op bakplaat en plaas brode
daarop. Sprinkel nog meel booor en laat weer op warmplek rys tot dubbel die hoeveelheid. Verhit oond tot 240 ºC. Plaas in warmoond en bak vir 10 minute. Die brood is op sy lekkerste
warm, veral saam met humus.