Foto deur Donna Lewis SARIE SEPTEMBER 2014

Bykos

Platbrood

Genoeg vir 10 brode

  • 125 ml water
  • 10 ml sout
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml heuning
  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis 280 g (500 ml) koekmeel
  • 20 ml fyn komyn
  • 60 ml sonneblomolie

Meng water, sout, olyfolie, heuning en gis in ’n middelslagmengbak. Voeg genoeg meel by om ’n stywe, kniebare deeg te vorm. Knie 8 – 10 minute of tot ’n gladde, elastiese deeg. Laat rus op warm plek vir 30 – 45 minute of tot dubbel in volume. Verdeel deeg in 10 ewe groot porsies. Strooi koekmeel op werkvlak en rol deeg papierdun uit. Sprinkel ’n bietjie komyn oor elke brood en rol koekroller nog een laaste keer oor. Die vorm van die brood maak nie saak nie. Verhit ’n klein bietjie sonneblomolie in ’n skoon braaipan. Plaas deeg in warm pan en braai 5-8 minute per kant of tot goudbruin. Herhaal tot al die brood gebraai is. Sit voor