FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Bykos

Platgedrukte aartappels met parmesaankaas-gremolata

genoeg vir 4 – 6

• 700 g baba-aartappels
• 125 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Gremolata
• hand vol vars pietersielie
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas aartappels in ’n kastrol en bedek met water. Maak kastrol toe met deksel en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt en kook aartappels tot net sag. Gooi helfte van olie op ’n bakplaat. Plaas aartappels bo-op en druk effens plat met ’n aartappeldrukker. Gooi res van olyfolie oor aartappels en geur met sout en peper. Oondbraai sowat 1 uur in warm oond tot goudbruin en bros. Kap pietersielie fyn en meng met knoffel, suurlemoenskil en parmesaankaas. Haal aartappels uit oond en dreineer op kombuispapier. Meng onmiddellik met gremolata. Sit warm voor.