Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 13/JAN 14

Gebak

Plathoender-pastei

Dié resep is uit lui-kook gebore toe ek hoender vir ’n pastei gaargemaak het. Pleks van die hoender te ontbeen, bedek ek dit toe sommer net so aan die been met deeg en bak dit verder.
Genoeg vir 6

• 500 ml laktosevrye jogurt
• hand vol sagte kruie, fyngekap (tiemie, origanum, koljander)
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 2 brandrissies, fyngekap
• 2 ingelegde suurlemoene
• 2 groot hoenders
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 x 100 g-velle blaardeeg (boks = 400 g)
• 1 eier, liggies geklits
• 40 g (45 ml) kanola-olie
• 1 x 340 g-pakkie aspersies, gedompel in kookwater

Verhit oond tot 180 °C. Plaas jogurt, kruie, sap en skil van suurlemoene, brandrissies en ingelegde suurlemoene in voedselverwerker. Puree by hoë spoed tot gladde mengsel. gebruik kombuisskêr en sny die rugbeen van die hoenders uit. Draai hoenders om en druk plat met jou handpalm – in engels noem jy dit spatchcock. Plaas plat hoenders in oondbraaipan en geur goed met sout en peper. Gooi jogurtmengsel oor en maak pan toe met tinfoelie. Bak 60 minute, haal uit oond en laat effens afkoel. Plaas velle blaardeeg bo-op gaar hoenders en druk stewig vas oor die hoenders. Sny liggies met mes op die oppervlak van die deeg en verf met geklitste eier. Bak nog 20 minute of tot goudbruin en bros. verhit kanola-olie tot warm in groot braaipan en roerbraai aspersies 5 minute. geur goed. Sit gaar hoender voor met pansous en gebraaide aspersies.