Foto deur Lee Malan

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Gebak

Portugese pregosteakrolletjies

Ná die langnaweek is niemand regtig lus vir kook vanaand nie… Probeer hierdie maklike resep vir ’n vinnige aandete. 

genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 20 minute

• 4 rib-steaks (rib-eye) (sowat 200 g elk, nie baie dik gesny)
• 250 ml witwyn
• 4 lourierblare
• 4 knoffelhuisies, in skywe gesny
• 2 brandrissies, fyngekap
• 30 ml tamatiepasta
• 15 ml paprika
• 15 ml suiker
• 2 rooi-uie, in ringe gesny
• 60 ml olyfolie
• 4 Portugese broodrolletjies, gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper
• roket

Plaas steaks in plat bak. Voeg witwyn, lourierblare, knoffel, rissies, tamatiepasta, paprika, suiker, uie en 30 ml olie by. Laat marineer so 15 minute. Verhit ’n riffelpan. Sprinkel res van olie oor broodrolletjies aan gesnyde kant en rooster op pan tot bros. Haal steaks uit marinade. Terwyl riffelpan warm is, braai steaks tot so gaar as wat jy verkies. Geur met sout en peper. Gooi marinade in ’n ander pan en kook tot byna geen vloeistof oorbly nie, net uie. Plaas roket op rolletjie. Sit steak op. Skep uiemengsel bo-op. Sit voor.