Bykos

Prego-rolletjies

(2 porsies/1 baie honger persoon)

•    2 x 120 g kruisskyf (rump) of lendeskyf (sirloin) (± 5 mm dik)
•    3 eetlepels rooiwyn
•    2 lourierblare
•    2 knoffelhuisies, afgeskil en platgedruk
•    30 g botter
•    1 – 2 eetlepels olyfolie om die steaks in te braai
•    2 Portugese broodrolletjies
•    peri-peri sous om te bedien
•    sout en varsgemaalde swartpeper

Marineer die vleis 2 ure lank in die wyn, lourierblare en een van die knoffelhuisies. Verhit die botter met die ander knoffelhuisie tot die botter liggoudbruin is. Geur met sout en swartpeper. Verwyder van die hitte en hou eenkant. Haal die vleis uit die marinade en droog af met kombuispapier. Verhit die olyfolie in ’n niekleefpan – groot genoeg vir albei steaks. Wanneer die pan baie warm is, braai die steaks baie vinnig. Draai hulle net een keer om. Haal uit en hou warm op ‘n bord. Geur met ‘n bietjie sout. Sny die rolletjies in die lengte in die helfte en rooster onder jou oond se rooster-element. Gooi die marinade in die pan waarin die steaks gebraai is en verhit tot die sous begin kook. Proe en geur dit, indien nodig, wanneer dit effens verdik het. Doop die binnekante van die rolletjies in die sous en maak seker hulle absorbeer daarvan. Plaas die onderste deel van ‘n rolletjie  bo-op. Plaas ’n steak, met van die sous wat uitgeloop het terwyl die steaks gerus het, bo-op. Sprinkel ‘n bietjie peri-peri sous bo-oor en plaas die ander helfte van die rolletjie bo-op. Druk effens plat. Bedien onmiddellik met nog peri-peri sou