Prei-sampioen-en-kaaspastei

Prei-sampioen-en-kaaspastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Prei-sampioen-en-kaaspastei

genoeg vir 4

Verhit oond tot 180 °C. Sny 4 preie in skywe en spoel goed af. Verhit 60 ml olyfolie in pan en braai preie tot sag. Voeg 2 gekapte knoffelhuisies en 125 g gesnyde wit sampioene by en braai tot sampioene sag is. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en laat afkoel. Voeg 100 g gerasperde parmesaankaas by en meng goed. Sny vier groot sirkels uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Smeer die rande met 1 geklitste eier en skep vulsel op een kant van die sirkel. Vou toe en druk stewig vas. Plaas op uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak 30 – 35 minute tot goudbruin en bros.