Pynappel-wortelkoek

Pynappel-wortelkoek FOTO: Donna Lewis

Gebak

Pynappel-wortelkoek

Koek

  • 420 g (750 ml)
  • bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 4 eiers
  • 320 g (750 ml) wortels, gerasper
  • 1 x 440 g-blik pynappelmoes, gedreineer
  • 5 ml kaneel

Versiersel

  • 1 x 250 g-houer
  • gladde maaskaas
  • 80 ml kondensmelk
  • sap en geel skil van 2 suurlemoene
  • fyn kaneel vir oorsif
Sif meel,koeksoda en sout Voeg olie-mengsel by meel-mengsel en meng goed
1.Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, koeksodaen sout saam. Klits olie, suiker en eiers. 2.Voeg olie-mengsel by droë bestanddele enmeng goed.
Vou wortels en pynappel in saam met kaneel Koel af op draadrak voor jy die koek versier
3.Vou wortels, pynappelmoes en kaneel bymengsel in. Spuit ’n 30 cm-ringkoekpan

goed met kleefwerende kossproei. Gooi

beslag in die pan en bak vir 35 – 40 minute

of totdat ’n toetspen skoon uitkom.

4.Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel.

Wenk: Bak vir sowat 20 minute as jy ’n kolwyntjiepan gebruik, of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Versier só: Meng maaskaas, kondensmelk, sap en skil van suurlemoen tot gladde mengsel. Skep mengsel bo-op koek en sif kaneel oor.