Gebak

Quiches

(sowat 12 klein quiches; gebruik sowat een blik Mayfair-vulsel vir elke 12 quiches)

Deeg 

  • 200 g (350 ml) meel
  • 1 ml sout
  • 100 g (110 ml) botter, in blokkies gesny
  • 45 ml water

Vulsel 

  • 50 g gruyère-kaas, fyngerasper
  • 1 eier
  • 125 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 50 ml fyngekapte pietersielie

Gebruik die volgende na smaak

  • Mayfair solid Pack Tuna in water, gedreineer en gevlok
  • Mayfair anchovy Fillets rolled with Capers, gedreineer
  • Mayfair Mushrooms Pieces and stems, gedreineer
  • Mayfair artichoke Hearts, gedreineer en gehalveer

Plaas die meel en sout in ’n mengbak. Vryf die botter in die meel totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die water by en maak aan tot ’n stywe deeg. Maak toe met kleefplastiek en sit in die yskas vir 30 minute. Verhit jou oond tot 180 °C. Spuit of smeer 12 vlak muffinpannetjies. Rol die deeg sowat 2 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Druk sirkels daaruit met ’n groot koekiedrukker (die deeg moet ook teen die kante van die pannetjie op). Voer die pannetjies met die deeg uit. Plaas ’n bietjie kaas onderin elke deegdoppie. Vul dit dan met die Mayfair-vulsel van jou keuse. Klits die eier en room saam en geur met sout en swartpeper. Gooi dit oor die vulsel en besprinkel met pietersielie. Bak vir sowat 20 minute tot gaar en sit warm voor.