sk0609poedings09
Gebak

Rolpoeding

6 porsies

  • 300 g (535 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 45 g (50 ml) botter
  • 1 eier, geklits
  • 150 ml melk
  • sowat 30 ml appelkooskonfyt

Sous

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 25 ml botter
  • 500 ml water
  • 50 ml suurlemoensap
  • 25 ml gouestroop
  • knippie sout
  1. Verhit oond tot 180 ºC. Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in. Klits eier en melk saam. Voeg by droë bestanddele en maak aan tot ’n stywe deeg. Rol dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak in ’n langwerpige vorm. Smeer konfyt bo-op.
  2. Rol op soos ’n rolkoek. Sny in skywe van sowat 2,5 cm dik en pak hulle plat in ’n gesmeerde oondbak van sowat 30 x 15 cm.
  3. Meng bestanddele vir sous en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor die deegsnye. Bak vir 1 uur. Sit voor met vla.