sk1003kaaskoek01
Gebak

Romerige gebakte kaaskoek

(1 x 23 cm-kaaskoek)

Kors

  • 1 pakkie (200 g) digestivekoekies
  • 50 g (60 ml) suiker
  • 100 g ongesoute botter, gesmelt

Plaas koekies en suiker in voedselverwerker. Kap fyn. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Gooi mengsel in koekpan en gebruik vingerpunte om pan daarmee uit te voer. Die mengsel hoef nie tot heeltemal bo teen die rand te kom nie. Maak toe met kleefplastiek en plaas vir sowat 1 uur in yskas.

Vulsel

  • 1 kg geroomde maaskaas, kamertemperatuur
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 45 ml koekmeel
  • 5 groot eiers, kamertemperatuur
  • 125 ml room
  • 15 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas maaskaas, strooisuiker en meel in elektriese menger. Klop goed vir sowat 2 minute. Skraap kante van menger skoon. Breek eiers een vir een by en klop elke
keer goed. Voeg room by en klop goed vir sowat 5 minute. Voeg suurlemoenskil en geursel by en meng goed. Plaas uitgevoerde koekpan op ‘n bakplaat en gooi vulsel in. Bak vir 15 minute.
Draai temperatuur af na 120 °C. Bak vir nog 1 uur en 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Plaas in yskas en laat verder stol, verkieslik oornag.

  • Theresa Jobing

    Ek het Sondag die Koffie Sjokolade-poeding gemaak. Dit was ‘n groot, pikswart bitter gemors. Dit was ‘n groot verleentheid vir my. Ek het Cordon Bleu opleiding by Silwood gekry, so ek moes seker van beter geweet het as om die resep blindelings te volg.

    Daar kan onmoontlik nie 120g kakao in die sous wees nie. Die 500ml vloeistof is ook heeltemal te veel.

    Wat is die regte hoeveelhede?

  • Barbara Joubert

    Hi Theresa
    Jammer om te hoor van jou ‘flop’. Die poeding is wat mens in Engels sal sê ‘n self saucing pudding. Die tekstuur van die poeding is nie droog maar wel as jy dit skep moet die sous loop. Die hoeveelhede is korrek – ek maak die poeding baie. Dit is ‘n baie donker poeding ook. Miskien was jou oond te hoog.
    Groete

  • hrddqnjlbr

    KjMvUx oumrwnythsil, [url=http://rbmkgzpyrfyh.com/]rbmkgzpyrfyh[/url], [link=http://hxhdvbfdfbxu.com/]hxhdvbfdfbxu[/link], http://vginzllarjvj.com/