Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Rooi-fluweel-kaaskoek-brownies

Die beste van 3 koeke in een!
12 blokke

• 230 g (250 ml) botter
• 120 g donkersjokolade
• 4 eiers
• 10 ml vanieljegeursel
• 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
• 420 g (500 ml) strooisuiker
• 135 g (240 ml) koekmeel
• 2 ml sout

Roomkaas-bolaag
• 500 g roomkaas
• 135 g (160 ml) strooisuiker
• 2 eiers
• 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 160 °C. Voer ’n pan van 35 x 25 cm uit met bakpapier en
spuit goed met kleefwerende kossproei. Smelt botter en sjokolade saam oor
matige hitte.Voeg eiers, vanieljegeursel, kleursel en suiker by. Klits goed. Voeg
meel en sout by.Meng tot gladde mengsel. Gooi in uitgevoerde pan.
Roomkaas-bolaag Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng.
Skep lepels vol van die mengsel bo-op die koekbeslag tot alles opgebruik is.
Meng ru-weg met lepel se agterkant tot dit soos marmer lyk. Bak vir
35 – 40 minute of tot net gestol. Haal uit oond en laat effens afkoel. Sit in
yskas tot heeltemal afgekoel en keer uit.
Sny in 12 blokke. Sit voor.