sk1010designer2
Gebak

Rooifluweel-kolwyntjies

(sowat 18 – 20 kolwyntjies)

  • 115 g (125 ml) botter
  • 320 g (380 ml) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 1 bottel (30 ml) rooi kleursel
  • 30 ml kakao
  • 250 ml karringmelk
  • 325 g (580 ml) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 7 ml koeksoda
  • 15 ml asyn

Verhit oond tot 180 ˚C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers by en klits goed. Voeg kleursel, kakao en karringmelk by en meng goed. Sif die droë bestanddele saam en vou in. Roer asyn laaste by. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warmoond. Bak vir 15 – 20 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Plaas roomkaasversiersel in ‘n spuitsak en spuit rosette in die vorm van ‘n blom bo-op.

Basiese roomkaasversiersel

(genoeg vir 12)

kolwyntjies

  • 120 g (130 ml) sagte botter
  • 240 g (460 ml) versiersuiker, gesif
  • 1 houer (230 g) roomkaas

Plaas botter in elektriese menger se bak en klits vir sowat 5 – 8 minute tot lig en romerig. Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee.