Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MAART 2013

Gebak

Roomyskoekies

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng 155 g (170 ml) botter, 45 ml suiker en 280 g (500 ml) koekmeel saam in voedselverwerker. Gooi 45 ml yswater by of net genoeg tot mengsel in ’n bal bymekaarkom. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi meel op werkoppervlak. Rol deeg met koekroller uit tot 5 mm dik. Druk vorms uit met koekiedrukker. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei. Plaas koekies op bakplaat en bak 12 – 15 minute. Laat afkoel. Meng 250 ml versiersuiker en 1 eierwit saam tot ’n stywe pasta. Verdeel in twee en kleur een helfte blou en ander helfte geel met voedselkleursel. Gebruik ’n spuitsak met ’n 1 mm–tuit. Versier die horinkie van die koekie met geel versiersel en die roomys-deel met blou. Laat staan 1 uur of tot droog.