Roosmaryn-en-olyfolie-gemarineerde lamstjops

Roosmaryn-en-olyfolie-gemarineerde lamstjops

Gebak

Roosmaryn-en-olyfolie-gemarineerde lamstjops

Gunsteling Roosmaryn-en-olyfolie-gemarineerde lamstjops van ons oud President Nelson Mandela

• 12 lamstjops
• 4 takkies vars roosmaryn, blaartjies verwyder en fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 15 ml bruinsuiker

Verhit oond se rooster-element. Plaas tjops in ’n plat bak. Meng res van bestanddele in ’n mengbak en gooi oor tjops.Laat marineer 30 minute by kamertemperatuur. Pak tjops op ’n bakplaat en plaas onder rooster-element. Rooster tot goudbruin en draai tjops om. Rooster aan ander kant tot goudbruin. Haal uit en sit warm voor.

Roosmaryn-en-olyfolie-gemarineerde lamstjops

Roosmaryn-en-olyfolie-gemarineerde lamstjops